| |||||
| |||||
Hoofstad | Moskou (1547–1712) Sint Petersburg (1712–1721) | ||||
Taal/Tale | Russies | ||||
Regering | Monargie | ||||
Wetgewer | Regerende senaat | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Kroning van Iwan IV | 16 Januarie 1547 | ||||
- Stigting van die Russiese Keiserryk | 22 Oktober 1721 | ||||
Geldeenheid | Russiese roebel |
Die Tsaredom Rusland (Russies: Царство Русское, Tsarstwo Roesskoje) was die amptelike naam van Rusland tussen die aanneming van die titel tsaar deur Iwan die Verskriklike in 1547 en die stigting van die Russiese Keiserryk in 1721 deur Pieter die Grote. Sommige Westerse bronne verwys na dié staat as Moskowië, ’n term wat ook van toespassing is op die Prinsdom en die Grootprinsdom van Moskou.